ansisterLogo home about us contacts events site map
FACE
media room sponsors forum dot gallery workshops artist's studio dot research  
 

Ansisters Event August 2005

patterns

Detail from the performance 'Patterns Outside My Head' by Janine Lewis, Rantebeng Makapan and Bonisile Nxumalo. As part of the FACE Ansisters 2005 event, Constitution Hill, Johannesburg.

Copyright © FACE 2005.
All rights reserved.

links... : inspiration : 09


  1. call to action
  2. shush now
  3. poetry
  4. schmidt's clicks
  5. seed persons
  6. hearing visions
  7. mother
  8. gebreekte snaar
  9. voorgevoelens
  10. halssnoer
  11. DNA
  12. Uexküll's spider web
  13. first mothers
  14. clay and plaster
  15. these hands
  16. con hill
  17. you shine
  18. ladybird
  19. Hymn to Her
  20. For our children
  21. ...

 

 

/Xam-voorgevoelens

die boesman se alfabet is geskryf in sy lyf
die letters praat en roer
die letters beweeg die boesman se liggaam
hulle beveel al die ander om stil te bly
hy self is absoluut volkome stil
dan voel hy sy liggaam saggies aan die binnekant klop
‘n droom praat vals
‘n droom kan jou mislei
maar die voorgevoel is dit wat die waaarheid praat
die kloppende gewaarwording wat sê: iemand is aan die kom
veral die geklop in ‘n wond
as jy loop en die wond beginklop
kan jy die kinders stuur om te gaan kyk
oupa is in die voetpad op pad na jou toe
dit voel jy in die wond
die wond sê dit aan jou
of as jou ribbes begin klop
dan vat jy pyle
want jy voel die swart haartjies op die springbok se ribbes
as jy Brinkkop uitklim
kyk goed tussen die bome en die groen spruitjies
die springbok het jy reeds met jou lyf gesien
want jy voel die sensasie van bloed langs jou dye en kuite af
asof jy reeds die springbok op jou rug dra
asof die springbok reeds langs jou dye af bloei
daarom wag ek altyd stilweg vir die woorde van my lyf
ek voel in my voete
hoe diere om die skerm snuffel
ek voel aan my skedel as ons die horings van die hartebees afkap
ek kry ‘n sensasie van my voorkop af al met die neus langs
soos die donker vlek na aan die springbok se snoet
ek voel my oe uitswel soos die vlekke om die springbok se oe
as ek iets voel kriewel soos vlooie
weet ek my lyf het ‘n volstruis gesien
ons le voor die skerm
ons le teen die uitgestrekte brinkkopberge
dit lyk asof ons slaap
dit lyk asof ons dut
maar ons lees ons liggame
ons voel alles wat daar onder op die vlaktes beweeg
alles wat verby die hutte trek
die holtes agter ons kniee kry ‘n gevoel
en dan wag ons
en dan kom al hierdie dinge na ons toe

//Kabbo

Uit: "die sterre se ‘tsau’
/Xam-gedigte … gekies en versorg deur Antjie Krog

top